english | afrikaans
oor diamante

Diamantkenmerke
- snit, helderheid, karaatgewig, kleur -

Mynhardts hou ‘n wye reeks diamantsnitte en vorme in alle groottes, kleure en helderheidsgrade aan. Dit sluit in die snitte “round brilliant”, prinses, smarag, markiesm, peer, ovaal en hart. Gekleurde of “fancy” diamante – geel, pienk, of bruin is op versoek beskikbaar.
Die meeste van ons diamante word in Suid-Afrika gemyn, geslyp, gepoleer en gegradeer. Elke diamant word voorsien van ‘n graderingsverslag (sertifikaat) waarop die snit, helderheid, kleur en bepaalde laboratoriumnommer wat aan hom toegewys is, aangedui word. Hierdie sertifikaat word deur onafhanklike sertifiseringslaboratoriums soos die Juweliersraad van Suid-Afrika uitgereik.
Ons help jou om ‘n diamant te kies met inagneming van die volgende voordat jy die steen koop:
 
SNIT HELDERHEID KARAAT KLEUR
  • Is die steen geskik vir die ontwerp van jou keuse?
  • Pas die ontwerp by jou hand?
  • Die kleur van die diamant sal die keuse van die metaal bepaal, bv. ons beveel nie aan dat ‘n diamant waarvan die kleur laer as H is, in 18kt witgoud of platinum gemonteer word nie. Diamante met die kleur I en laer is uiters geskik vir 18kt geelgoud aangesien hulle effens gelerig reflekteer wat pragtig saamsmelt met hierdie edelmetaal
Die waarde van elke diamant word deur vier hoofkriteria bepaal:
SNIT:

Die snit verwys na die hoeke en verhoudings van ‘n diamant. Hoe helder die diamant is, hang af van die hoeveelheid lig wat deur die snit gereflekteer word. ‘n Diamant wat in perfekte verhoudings geslyp is, sal die meeste lig reflekteer. ‘n Goed geslypte diamant sal intern lig reflekteer van een spieëlagtige faset na die ander en dit deur die bokant van die steen uitstraal en reflekteer. Die gevolg is ‘n skitterende helderheidsvertoon wat goed geslypte diamante hoër plaas op die Gehaltepiramide van diamante as dié met ‘n vlak snit.

HELDERHEID:
Hoe minder onsuiwerhede daar in die diamant is, hoe meer waarde het hy. Klein insluitsels en oppervlakletsels verlaag die waarde van ‘n diamant; omgekeerd is ‘n vlekkelose diamant uiters skaars en waardevol. Insluitsels is natuurlike kenmerke soos minerale of krake, wat ontstaan terwyl hy in die aarde gevorm word. Dit kan soos kristalletjies, wolkies of veertjies lyk.
KARAATGEWIG:
Die gewig van ‘n diamant word in karaat gemeet. Die karaatlesing van ‘n diamant is ook ‘n aanduiding van die grootte hoewel dit eintlik ‘n gewigsmaat is. Een karaat is gelykstaande aan 200 milligram. Een karaat kan ook in 100 “punte” verdeel word. ‘n ,75 karaat diamant is dieselfde as ‘n 75-punt, of ¾ karaat-diamant.
KLEUR:
Die kleur verwys na die mate waarin die diamant kleurloos is, en het ‘n baie groot invloed op die waarde. Diamante kom voor in ‘n reeks kleure, van liggeel of bruin tot heeltemal kleurloos. Die skaarsste diamant van almal is die een wat hoegenaamd geen kleur het nie. Die kleurskaal wissel van D tot Z, van kleurloos tot liggeel. Warmer kleure (K-Z) lyk besonder mooi wanneer dit in geelgoud gemonteer is. Ysige winterwitte (D-G) is asemrowend in witgoud of platinum.
 
jou idee
jou idee
die diamand
die diamant
die technologie
die technologie
Los Diamante
los diamante
uniek aan jou
uniek aan jou
inligting vir touriste
touriste inligting
engelse webtuiste
 
N PAAR ALGEMENE VORMS
| verloof ringe | 2 | 3 >>

ring verskeidenheid | 2 | 3 | 4 | 5

>> troupande >> mans ringe | 2 | 3 >> ring ontwerp aanlyn >>
Die Juweliersraad van
Suid-Afrika
Internasionale diamant-sertifiserings laboratorium
DIAMOND DEALERS CLUB
SUID AFRIKA
Mynhardts Diamante – Gauteng – Suid-Afrika
Kopiereg © Mynhardts Diamante
Mynhardts Diamante privaatheid beleid
Ontwikkeling & Promosie van Webwerf - Online Promotions & Graphix