english | afrikaans
juweliers ontwerp

ontwerp van diamant juweliersware in platinum en wit of geelgoud

Ontwerp jou eie, unieke diamantverloofring, gedenkring of troupand. Wensgemaakte juweliersontwerp in platinum of 18kt wit-/geelgoud

Met ons onberispelike reputasie as een van Suid-Afrika se voorste diamanthandelaars en juweliersontwerpers maak Mynhardts dit nou vir klante moontlik om hulle eie wensgemaakte juweliersware te ontwerp.
Die Huis van Mynhardts sal vir jou ‘n asemrowende stuk volgens jou ontwerp skep. Jy kies die perfekte diamant en dan skep ons met behulp van die jongste tegnologie juweliersware wat uniek aan jou is.
Ons sal jou ring of juweliersware sonder enige ekstra koste ontwerp!
Ons bied jou die beste los diamante, gesertifiseer en geslyp, en sal seker maak dat die keuse pas by jou styl, die geleentheid en jou begroting. Ons wil graag hê jy moet sien hoe jou juweliersware ontwerp word, en boonop self deel in die ervaring. Om jou persoonlik tot diens te wees, is vir ons van die grootste belang.
Mynhardts spoor los, vlekkelose diamante, tanzaniet en ander edelstene op teen groothandelpryse, Ons het ‘n groot reeks diamantvorms in voorraad, insluitend die snitte rond briljant, prinses, smarag, markies, en peer-, ovaal- en hartvormig. Gekleurde of ‘fancy’ diamante – geel, pienk, bruin – is op versoek beskikbaar.
Mynhardts kan sorg dat jou juweliersware toereikend gedek word deur óf die digitale ontwerp te verskaf, óf deur digitale foto’s van al die items te neem. Wanneer jy 100 persent tevrede is met jou steen, is die ontwerp van jou diamant verloofring of jou wensgemaakte juweliersware in die hande van ons innoverende ontwerpers en vervaardiger.
Wat beteken CAD (rekenaargesteunde ontwerp)? … Ons ontwerpers teken jou ontwerp fisies op ‘n 3-D program. Hierdie lêers word uitgevoer na die “Solidspace” prototipe masjien. Uit hierdie lêers bou die snel-prototipe masjien ‘n wasmodel van jou ontwerp met buitengewone fyn resolusies (detail).
Visualiseer jou ontwerp as ‘n 3-D foto of as ‘n wasmodel voordat die vervaardiging begin.
Wat gebeur dan? … Jou wasmodel word dan in platinum of 18kt goud gegiet, gereed vir tradisionele afronding op die bank deur ons meester vakmanne.
Die ontwerp- en vervaardigings proses duur 7 – 14 dae, maar as jy ‘n spesiale versoek het, sal ons probeer om jou tegemoet te kom.
Help ons om ‘n akkurate replika te skep van die juweliersware wat jy in gedagte het. Gee ons inligting oor die stene, bv. die snit, karaat, kleur, helderheid, en spesifiseer of die steen/stene in platinum, wit- of geelgoud gemonteer moet word. Gee ook vir ons ‘n foto, skets of idee van jou ontwerp. Ons verseker jou, die individu, van voortreflike diens sonder kompromie, in alle kategorieë.
Kliek hier om jou ring aanlyn te ontwerp!
Kliek hier vir ‘n konsultant om ‘n kwotasie vir jou op te stel sodat jy pryse kan vergelyk.
Laat jou verbeelding jou begeester, of snuffel deur ons ontwerpbiblioteek.
Onthou, as jy ‘n verloofring ontwerp, kan ons jou help om ‘n bypassende troupand/e te kies.
Kliek hier – R10 000 diamant ringe!
Het jy kundige hulp nodig? Skakel ons by +27 11 484 1717/9 of kliek hier om ons te kontak.
 
jou idee
jou idee
die diamand
die diamant
die technologie
die technologie
Los Diamante
los diamante
uniek aan jou
uniek aan jou
inligting vir touriste
touriste inligting
engelse webtuiste
 
| verloof ringe | 2 | 3 >>

ring verskeidenheid | 2 | 3 | 4 | 5

>> troupande >> mans ringe | 2 | 3 >> ring ontwerp aanlyn >>
Die Juweliersraad van
Suid-Afrika
Internasionale diamant-sertifiserings laboratorium
DIAMOND DEALERS CLUB
SUID AFRIKA
Mynhardts Diamante – Gauteng – Suid-Afrika
Kopiereg © Mynhardts Diamante
Mynhardts Diamante privaatheid beleid
Ontwikkeling & Promosie van Webwerf - Online Promotions & Graphix