english | afrikaans
meer oor ons  

vervaardigende juweliers | diamant handelaars
los diamante | juweliers ontwerpers

Mynhardts Diamante, diamant handelaars en vervaardigende juweliers, voeg jare se diepte kennis van die diamant handel by die jongste ontwerp tegnologie en stel jou sodoende in staat om jou eie onoortreflike juwele te ontwerp.

Die Huis van Mynhardts het sy oorsprong in die legendariese rykdom van Suid-Afrika se goud- en diamantvelde. As familie saak het hulle historiese bande met die diamantvelde van Kimberley en bedryf die besigheid al die afgelope 15 jaar in die Goudstad.

Die meeste van ons diamante word in Suid-Afrika gemyn, geslyp, gepoleer en gesertifiseer (gegradeer). Ons het ‘n wye verskeidenheid los diamante in voorraad, maar sal met graagte enige steen wat ons nie aanhou nie, soek en teen ‘n baie mededingende prys verskaf. As diamant handelaars verskaf ons los diamante en juweliersware aan toeriste, kleinhandelaars en internasionale lughawens.

Mynhardts is lid van die vooraanstaande Diamond Dealers Club – South Africa. Al ons diamante word gesertifiseer deur onafhanklike laboratoriums soos die Juweliersraad van Suid-Afrika, DIA en EGL. Mynhardts Diamante, vervaardigende juweliers, is gerieflik geleë in Parktown, Johannesburg in ‘n hoë sekuriteits gebou met ruim, veilige parkering.

Om jou persoonlik tot diens te wees, is vir ons van die grootste belang.

Mynhardts Diamante, ontwerpers en vervaardigers van juweliersware, verseker jou van ons beste, persoonlike aandag en konsulteer slegs op afspraak. Ons is Maandag tot Vrydag gedurende gewone kantoorure beskikbaar, maar spesiale reëlings kan getref word vir naweke, na ure of op openbare vakansie dae.

Ons voer geen juweliersware in nie. Ons verskaf die los steen en ontwerp dan jou juweliersware voordat dit op ons perseel vervaardig word – daardie besparing kan ons dus aan jou deurgee. Nie net kry jy presies wat jou hart begeer nie, maar jy het ook deel aan die ontwerp van die stuk.
Kliek hier om jou ring aanlyn te ontwerp!

Ons ontwerpspan is hoogs gekwalifiseerd en op die perseel beskikbaar om jou ontwerp te bespreek en ‘n 3-D beeld voor te berei. Danksy die allerjongste tegnologie kan ons ‘n wasmodel van die stuk skep voordat dit in metaal gegiet word.

Eenstop-gerief … wanneer daar ‘n tyds beperking is, kan jy ‘n los diamant van gehalte kies, en jou juweliersware deur een verskaffer laat ontwerp en vervaardig teen groothandelpryse.

Afhaal of aflewering … Laat asb. ‘n tydperk van 10 – 14 dae toe vir afhaal. Indien dit ‘n dringende versoek is, sal ons egter probeer om jou tegemoet te kom.

Ons juweliersware word in Suid-Afrika en internasionaal afgelewer en verseker deur die beste diamant en juweliers koeriers.
Kliek hier – R10 000 diamant ringe!
Het jy kundige hulp nodig? Skakel ons by +27 11 484 1717/9 of kliek hier om ons te kontak.
 
jou idee
jou idee
die diamand
die diamant
die technologie
die technologie
Los Diamante
los diamante
uniek aan jou
uniek aan jou
inligting vir touriste
touriste inligting
engelse webtuiste
 
| verloof ringe | 2 | 3 >>

ring verskeidenheid | 2 | 3 | 4 | 5

>> troupande >> mans ringe | 2 | 3 >> ring ontwerp aanlyn >>
Die Juweliersraad van
Suid-Afrika
Internasionale diamant-sertifiserings laboratorium
DIAMOND DEALERS CLUB
SUID AFRIKA
Mynhardts Diamante – Gauteng – Suid-Afrika
Kopiereg © Mynhardts Diamante
Mynhardts Diamante privaatheid beleid
Ontwikkeling & Promosie van Webwerf - Online Promotions & Graphix