english | afrikaans
juweliersware vervaardiging

wensgemaakte diamant juweliersware vervaardig in platinum of 18kt wit / geelgoud
unieke stukke geskep deur meester vakmanne!

Hetsy jy verkies dat een van ons meester vakmanne ‘n unieke stuk vir jou ontwerp, of self deel wil hê aan die ontwerp van jou juweliersware op ons perseel, ons stel die toppunt van ontwerpkeuse tot jou beskikking.

Mynhardts maak gebruik van die allerjongste tegnologie vir die ontwerp en vervaardiging van diamant juweliersware. Mynhardts kan enige stuk wat jy in gedagte het, noukerig vervaardig teen ‘n breukdeel van die kleinhandelprys.

Ons sal jou ring of juweliersware sonder enige ekstra koste ontwerp!
Met hierdie wonderlike geleentheid kan jy ‘n 3-D foto van die produk sien voordat dit gemaak word.

Een van ons kunstenaars ontwerp die juweliersware met ‘n 3-D CAD stelsel. Foto’s van die 3-D voorstelling kan op versoek aan die klant verskaf word.
Die 3-D ontwerp word op ‘n hoë-presisie prototipe stelsel vir 3-D modellering gelaai. Daarna word ‘n soliede wasmodel geskep om ‘n akkurate weergawe te vorm van hoe die stuk gaan lyk. Laastens vervaardig ons meester vakmanne die stuk en rond dit af.
Wat beteken CAD (rekenaargesteunde ontwerp)?... Ons ontwerpers teken die ontwerp fisies op ‘n 3-D program. Hierdie lêers word uitgevoer na die “Solidspace” prototipe masjien. Uit hierdie lêers bou die snel-prototipe masjien ‘n wasmodel van jou ontwerp met buitengewone fyn resolusies (detail).

Visualiseer jou ontwerp as ‘n 3-D foto of as ‘n wasmodel voor vervaardiging.

Wat gebeur dan? … Jou wasmodel word dan in platinum of 18kt goud gegiet, gereed vir tradisionele afronding op die bank deur ons meester vakmanne.

Die ontwerp- en vervaardigings proses duur 7 – 14 dae, maar as jy ‘n spesiale versoek het, sal ons probeer om jou tegemoet te kom.
As jy ‘n verloofring ontwerp, laat ons jou sommer help om ‘n bypassende troupand/e te kies.
Laat jou verbeelding jou begeester, of snuffel deur ons ontwerp biblioteek.
Ons vra jou net die koste per gram van die edelmetaal wat gebruik word.
Onthou … Tekens van slytasie, soos skrapies, sal mettertyd op alle edelmetale verskyn.
Ons sal met graagte jou ring gratis poleer!
Kliek hier om jou ring aanlyn te ontwerp!
Kliek hier – R10 000 diamant ringe!
Het jy kundige hulp nodig? Skakel ons by +27 11 484 1717/9 of kliek hier om ons te kontak.
 
jou idee
jou idee
die diamand
die diamant
die technologie
die technologie
Los Diamante
los diamante
uniek aan jou
uniek aan jou
inligting vir touriste
touriste inligting
engelse webtuiste
 
| verloof ringe | 2 | 3 >>

ring verskeidenheid | 2 | 3 | 4 | 5

>> troupande >> mans ringe | 2 | 3 >> ring ontwerp aanlyn >>
Die Juweliersraad van
Suid-Afrika
Internasionale diamant-sertifiserings laboratorium
DIAMOND DEALERS CLUB
SUID AFRIKA
Mynhardts Diamante – Gauteng – Suid-Afrika
Kopiereg © Mynhardts Diamante
Mynhardts Diamante privaatheid beleid
Ontwikkeling & Promosie van Webwerf - Online Promotions & Graphix