english | afrikaans
ander dienste

diamant handelaars | los diamante | herontwerp van diamant juweliersware en meer…

Los diamante
Diamante is natuurlik , dus kan korting nie gegee word nie!
Mynhardts Diamante sorg egter dat jy die mededingendste pryse kry wat daar is. Ons diamante kom teen groothandelpryse direk van die bron af en omdat ons die middelman uitsny, kan ons hierdie voordeel aan jou deurgee.
Wanneer jy jou los diamant kies, maak ons seker dat jy bewus is van al die belangrike faktore wat verband hou met die keuse van daardie volmaakte steen.
Die “Round Brilliant “ snit is steeds die gewildste en ons hou ‘n groot verskeidenheid van hierdie stene in alle groottes, kleure en helderheid aan.
“Fancy” snit diamante, insluitend prinses, ovaal, markies, peer, smarag en hart, is ook beskikbaar. As ons nie jou voorkeursteen in voorraad het nie, sal ons die diamant namens jou opspoor.
“Fancy Coloured” diamante is natuurlik gekleur waar hulle ontgin word, soos pienk, geel, bruin en swart. Ons sal hulle op versoek en soos beskikbaar, verskaf.
“Smalls” verwys na klein diamante, van 0,01kt tot 0,30kt en word dikwels óm die hoofsteen gebruik as ‘n pavé- of kanaalmontering, of in ons reeks troupande vir mans en vroue, en ewigheidsringe. Mynhardts Diamante hou alle groottes en vorms in wisselende helderheid aan. Ons diamante word in Suid-Afrika gemyn, geslyp, gepoleer en gegradeer en het ‘n sertifikaat van die Juweliersraad van Suid-Afrika, EGL, of DIA. Dit is almal internasionaal erkende, onafhanklike sertifiseringslaboratoriums.
Herontwerp van bestaande juweliersware
Hunker jy na juweliersstukke wat weggeraak het, of is jy moeg van jou ou ontwerp? Mynhardts Diamante kan jou help om jou ou juweliersware nuut te ontwerp.
Onthou, tekens van slytasie, ook skrapies, SAL op alle edelmetale verskyn.
Ons sal met graagte jou ring opnuut poleer – gratis!
Professionele evaluasies vir versekering
Mynhardts Diamante sal seker maak dat jou juweliersware voldoende gedek is deur jou óf te voorsien van jou digitale ontwerp, óf deur digitale foto’s van alle items te neem.
Vervanging van versekeringseise
Aangesien Mynhardts al ons juweliersware self vervaardig, kan ons jou stukkke met uitnemende akkuraatheid vervang.
Aflewerings
Ons juweliersware, in Suid-Afrika en internasionaal verseker, word afgelewer deur die beste koeriers van diamante en juweliersware. Ons gebruik RAM hand-tot-hand koeriers om alle juweliersware te verseker en af te lewer.
RAM koeriers spesialiseer in die afsending en koerierdiens vir kosbare vrag soos diamante en juweliersware. Let asb. daarop dat die klaringsproses vir uitvoer tot 38 uur kan duur weens die vereistes van die Suid-Afrikaanse Doeane en Aksyns aangesien daar ‘n kommersiële waarde aan verbonde is..
Ons belofte
Die Huis van Mynhardts verseker jou, die individu, van uitnemende diens in alle kategorieë, sonder kompromie.
Al ons diamante word gesertifiseer deur die DIA (International Diamond Certification Laboratory), EGL (European Gemmological Laboratory) of die Suid-Afrikaanse Juweliersraad.
Kliek hier – R10 000 diamantringe!
 
jou idee
jou idee
die diamand
die diamant
die technologie
die technologie
Los Diamante
los diamante
uniek aan jou
uniek aan jou
inligting vir touriste
touriste inligting
engelse webtuiste
 
| verloof ringe | 2 | 3 >>

ring verskeidenheid | 2 | 3 | 4 | 5

>> troupande >> mans ringe | 2 | 3 >> ring ontwerp aanlyn >>
Die Juweliersraad van
Suid-Afrika
Internasionale diamant-sertifiserings laboratorium
DIAMOND DEALERS CLUB
SUID AFRIKA
Mynhardts Diamante – Gauteng – Suid-Afrika
Kopiereg © Mynhardts Diamante
Mynhardts Diamante privaatheid beleid
Ontwikkeling & Promosie van Webwerf - Online Promotions & Graphix