english | afrikaans
diamant juweliersware

diamant verloofringe, gedenkringe, troupande en juweliersware in goud of platinum - Mynhardts Diamante

Mynhardts Diamante spesialiseer in die wensgemaakte ontwerp en vervaardiging van handgemaakte juwele, diamant verloofringe, gedenkringe en troupande in wit of geelgoud, asook platinum.
Kom saam met ons op ‘n opwindende ontdekkingstog
Hierdie reis spring weg met jou idee
Die Huis van Mynhardts sal jou help om die diamant van jou drome te kies en dan met behulp van die jongste tegnologie juwele in goud of platinum skep wat uniek aan jou is. Danksy waardevolle ervaring wat oor 15 jaar verwerf is, kan Mynhardts Diamante vlekkelose diamante, tanzaniet en ander edelstene teen groothandelpryse opspoor.
Kliek hier om jou ring aanlyn te ontwerp!
Ons het ‘n onberispelike reputasie as een van Suid-Afrika se voorste diamanthandelaars en juweelontwerpers. Nou maak ons dit moontlik vir kliënte om hulle eie wensgemaakte juweliersware in geel- of witgoud en platinum te ontwerp.
n Gratis, roerend romantiese liefdesverklaring met elke verloofring!
Elke stuk – van ‘n verloofring uit ons solitaire-reeks, of ons gewilde driesteen-montering, ‘n regterhandring, troupand, volle of halwe ewigheidsring – word doelgeskik net vir jou gemaak. By Mynhardts Diamante kies ons jou diamant, ontwerp die stuk en maak jou juweliersware, maar hou altyd jou begroting in gedagte. Ons wensgemaakte juweliersware sluit in perfek passende oorkrabbers of oorringe, tennisarmbande, baba se eerste armband, klassieke peervormige saffier- en diamanthangertjies. Ons mansreeks omvat handgemaakte troupande, verpersoonlikte ontwerpersmansjetknope, en vir die byderwetses … ‘n een-karaat oorknopie (ronde, briljante diamant)…
Onthou om jou boodskap aan jou geliefde by Mynhardts te laat graveer om die geleentheid ekstra spesiaal te maak.
Die meeste van ons diamante word in Suid-Afrika gemyn, geslyp, gepoleer en gegradeer. Elke diamant het ‘n graderingsverslag (sertifikaat) wat die vorm, helderheid, kleur en bepaalde laboratoriumnommer wat aan daardie diamant toegewys is, uiteensit. Hierdie sertifikaat word deur onafhanklike sertifiseringslaboratoriums soos die Juweliersraad van Suid-Afrika, DIA en EGL (Europese Gemmologiese Laboratorium) uitgereik en is jou waarborg dat jou diamant gesertifiseer is. Mynhardts is lid van die vooraanstaande Diamond Dealers Club – South Africa.
Ons sal jou ring geheel en al gratis ontwerp!
Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid om ‘n 3-d foto van jou juweliersware te sien voordat ons vervaardig.
Mynhardts het ‘n wye verskeidenheid snitte/vorms en alle groottes, kleure en helderheid, insluitend die ronde briljante snit, smaragsnit, markiessnit, peer-, ovaal- en hartvorm. Gekleurde of “fancy” diamante – geel, pienk, of bruin is op versoek beskikbaar. Ons verseker jou, die individu, van voortreflike diens sonder kompromie in alle kategorieë. Ons is gerieflik geleë in Parktown, Johannesburg, met ruim, veilige parkering in ‘n hoësekuriteitsgebou.
Ons juweliersware word in Suid-Afrika afgelewer en verseker.
Internasionaal word dit deur die beste diamant- en juwelier-koeriers behartig.
Ontwerp jou eie ring op die Internet!
 
jou idee
jou idee
die diamand
die diamant
technologie
die technologie
Loose Diamonds
los diamante
net vir jou
uniek aan jou
inligting vir touriste
touriste inligting
engelse webtuiste
 
| verloofringe | 2 >> ring verskeidenheid | 2 | 3 | 4 | 5 >> troupande >> mansringe | 2 | 3 >> ring ontwerp aanlyn >>
Die Juweliersraad van
Suid-Afrika
Internasionale diamant-sertifiserings laboratorium
DIAMOND DEALERS CLUB
SUID AFRIKA
Mynhardts Diamante – Gauteng – Suid-Afrika
Kopiereg © Mynhardts Diamante
Mynhardts Diamante privaatheid beleid
Ontwikkeling & Promosie van Webwerf - Online Promotions & Graphix